Daar sal in Februarie volgende jaar ’n tweede kiesersregistrasie wees, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie Maandag gesê.

“Die toenemende belangstelling van stemgeregtigde kiesers wat nog wil registreer, het die kommissie laat besluit om weer alle stemlokale op 8 en 9 Februarie 2014 vir registrasie beskikbaar te stel,” het die OVK in ? verklaring gesê.

“Dié naweek sal die laaste en finale geleentheid wees vir nuwe kiesers om te registreer of vir geregistreerde kiesers om hul stemlokale te verander voor die 2014 nasionale and provinsiale verkiesings.”

Die OVK het gesê president Jacob Zuma sal die verkiesingsdatum kort ná die tweede registrasie-naweek bekendmaak. Daar is tans 24 112 414 (76.7 persent) geregistreerde kiesers. Die OVK hoop om 80 persent te bereik.

’n Registrasie-naweek is op 9 en 10 November gehou waarin meer as een miljoen nuwe kiesers by die kieserslys gevoeg is.

–  SAPA