Michele het so pas die goeie nuus aan Huisgenoot bevestig. “Ons is baie opgewonde. Ons weet al ’n ruk lank. Ek is nou so 20 weke swanger en dis weer ’n seun. Schalk is natuurlik baie meer opgewonde as ek dat ons weer ’n seun verwag,” het sy laggend vertel, maar bygevoeg: “Ek is mal oor seuntjies!”

Die paartjie se eersteling, Schalk jr., is nou 15 maande oud. Die paartjie beplan om hul gesin nog verder uit te brei. “Ons wil baie graag ’n dogtertjie hê. Almal sê ons moet maar eers wag en kyk tot ons twee het en dan besluit. So ons kyk maar eers hoe dit gaan met twee kinders.”

Die paartjie het drie maande gelede verhuis na ’n groter gesinswoning, in Nuweland. “Dis ’n ou Victoriaanse huis wat 110 jaar oud is. Dit het sewe maande gevat om dit op te knap,” vertel Michele, ’n binnenshuise ontwerper, wat nog vryskutwerk doen en van die huis af werk.

Schalk se spanmaats is duidelik ewe in hul noppies oor die nuus. Nadat Michele die skandering op Instagram gelaai het, het Juan de Jongh laat hoor: “Klasss man!! Schalla te veel tyd op hande #preSeasonMoetMaBegin #Haha”, waarop Michele geantwoord het: “yayaya ha ha voor ek sit met vier kinders;)”.

Schalk en Michele vier volgende maand hul tweede huweliksherdenking. Veels geluk, julle twee!

- Lara Atson

Hier is ’n paar foto’s van die gesin wat Michele op Twitter en Instagram gedeel het.

[caption id="attachment_59832" align="aligncenter" width="500"]Baba nommer 2! Baba nommer 2![/caption]

[caption id="attachment_59833" align="aligncenter" width="600"]Ma en seun Ma en seun[/caption]

[caption id="attachment_59834" align="aligncenter" width="600"]Pa en seun: ‘‘Dieselfde voet, verskillende groottes 4 versus 14 – identies,’’ het Michele op Instagram laat hoor. Pa en seun: ‘‘Dieselfde voet, verskillende groottes 4 versus 14 – identies,’’ het Michele op Instagram laat hoor.[/caption]

[caption id="attachment_59835" align="aligncenter" width="500"]Saam met pa op Nuweland! Saam met pa op Nuweland![/caption]