Die broers van sewe en nege jaar en twee ander kinders, het in Sondagmiddag in die motor gespeel, het Peter Kareli, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

’n Werktuigkundige het die motor daar gelos en was nie ten tyde van die voorval tuis nie. Die deure kon slegs van buite oopgemaak word.

Inwoners het die kinders uitgekry, maar die boeties was toe reeds dood. Die ander twee is hospitaal toe geneem. ’n Dossier vir ’n nadoodse ondersoek is geopen.

Lees ook: Nuttige veiligheidswenke om jou spruit te beskerm

Op 19 Januarie is die driejarige neef en niggie, Bayanda Sithole en Asiphile Sithole, dood weens hittesteek in ’n rooi Toyota Corolla wat in ’n werktuigkundige se agterplaas in die son in Clermont, wes van Durban, geparkeer was.

Ayabongwa Sithole en Phiwokuhle Mtshali, albei twee, was ook in die kar en is in ’n kritieke toestand hospitaal toe geneem.

Dieselfde dag is daar op die liggame van vyf familielede tussen drie en sewe jaar afgekom in ’n ongebruikte vrieskas by hul ouma se huis in Kakamas in die Noord-Kaap. Hulle het versmoor nadat die vrieskas vanself gesluit het toe hulle daarbinne gespeel het.

Bron: News24