Twee mans is dood en nog een vermis nadat hul boot sowat 100 m van die kus van Muisbosskerm, tussen Lambertsbaai en Elandsbaai, omgeslaan het, het die Nasionale Seereddingsinstituut Woensdag gesê.

Een oorlewende met ernstige hipotermie is op die strand gevind, het Craig Lambinon, woordvoerder van die seereddingsinstituut, gesê.

“Die oorlewende is in sy vroeë 60’s en het bevestig al vier mans is vriende wat gereeld saam gaan visvang en het soos gewoonlik uitgegaan om vis te vang toe die boot in rowwe seetoestande met deinings van 2 m hoog omslaan,” sê Craig.

Die boot het Dinsdag omgeslaan. Die liggaam van een man het uitgespoel. Die tweede liggaam is in vlak water gevind. Albei was in hul sestigs. Die liggame is aan forensiese patologiedienste oorhandig.

’n Duikeenheid van die polisie soek nog na die vierde man (63). Die boot het uitgespoel.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Drie verdagtes vas ná Tokai-moord

Vrou kwyn stadig weg in huisbak ná werkers haar daarbinne vergeet

‘Sy was pragtig van binne en buite’: Franziska se verslae ouers bied groot beloning aan vir inligting

Hier is hoe grondboontjiebotter jou kan maer maak