Justin Trudeau, Kanada se eerste minister, het die voorval in Quebec City as ’n terreuraanval bestempel.
Volgens getuies het twee gewapende mans in swart klere die gebou ingevaar en wild en wakker op die moskeegangers begin skiet, berig CNN. Die BBC berig die Kanadese polisie het reeds twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die voorval. Die eerste verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en die twee in die omtrek van die voorval. Dit is vermoedelik die enigste verdagtes.
Na wat berig word, was daar ongeveer 50 mense in die moskee toe die aanval uitgevoer is. Na aanleiding van die spanning wat tans daar heers in die VSA, het polisielede in New York vinnig daarop gereageer en plekke van aanbidding onder bewaking geplaas.

Bykomende bronne: The New York Times, ABC News