Kaithlyn Wilson se lyk is ure later op 'n plaas in die omgewing van Riebeek-Wes gevind. Sy is na bewering wreed verkrag voordat sy vermoor is.

"Die slagoffer is brutaal vermoor, haar lewelose lyf is met behulp van lede van die gemeenskap gevind," het Noloyixo Rwexana, polisiewoordvoerder, gesê.

Twee verdagtes is reeds in verband met haar moord in hegtenis geneem. 'n Inwoner van Riebeek-Wes beweer een van die verdagtes is sover bekend deur die woedende gemeenskap bygedam ná hy vasgetrek is.

Hy het vir Kaithlyn geken.