Die ongeluk het Saterdag laatmiddag in Wenningstraat in Vanderbijlpark gebeur.

Volgens ’n verklaring van Netcare911 het ’n 17-jarige meisie en haar passasier reg van voor teen ’n kar gebots.

Dit is nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie, sê Chris Botha, woorvoerder van Netcare911, in die verklaring. “Die oorsaak sal deur die polisie ondersoek word.”

Die meisie wat die bromponie bestuur het, is baie erg beseer en is in ’n kritieke toestand met ’n helikopter na ’n nabygeleë hospitaal vervoer. Die tweede meisie, wat agterop die bromponie gesit het, is met ernstige beserings per ambulans na ’n ander hospitaal geneem vir behandeling.

“Die motorbestuurder is nie beseer nie,” sê Chris.