Vinnige motors, hope adrenalien en dan die pragtige kroon op alles: Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco die dag voor die Grand Prix en daardie geruite vlag wat die polse vinniger gaan laat klop. Rolene Strauss, ons voormalige Mej. Wêreld en voorbladnooi, het Saterdag by prinses Charlene van Monaco gaan inloer.

Rolene het ook hierdie pragfoto gedeel met die byskrif: ’n Wonderlike nag in die paleis van Monaco.

Dié twee mooie en sjarmante mense het behoorlik die koppe laat draai. Sou hulle vandag saam by die renbaan opdaag sou die blitsvinnige renmotors gewis op meer as een vlak tweede kom!

Terloops, hier's 'n voorskou wat vandag op die jaers wag.Volg al die aksie regstreeks op SuperSport SS2 vanaf 13:30 - 16:15.

Ook op Huisgenoot.com

Monaco se koninklike babas leer glo vier tale, Afrikaans inkluis

Charlene se pad na Monaco-troon

Die mooie Rolene Strauss wens Huisgenoot geluk!

Jy sal nie glo hoe mooie Rolene Strauss haar 24ste verjaardag moes begin nie!