Netwerk24 berig Carli Huyser (19), ’n eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom, en haar suster, Laurie (17), ’n graad 11-leerling, het gesterf toe hulle van Lichtenburg af op pad huis toe was.

Hulle het daar by hul niggies gekuier. Albei was op die oomblik op vakansie.

Hul pa, Hercules, het gesê hy het deur die loop van die dag elke halfuur met hulle gepraat. “Ek het elke keer vir hulle gesê: Ry stadig, ry versigtig.”

Dit is nog onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het. Carli se Toyota Etios het trompop teen ’n Mercedes-Benz vasgery. Die bestuurder van die Mercedes-Benz het net ligte beserings opgedoen.

Carli het self sowat twee weke gelede ’n tragedie beleef toe haar kamermaat in die Oosterhof-koshuis skielik aan breinvliesontsteking dood is.

Volgens Hercules was sy dogters meer as net sussies.

“Hulle was boesem-, boesempelle, kamerade.”

Bron: Netwerk24

Lees ook op Netwerk24: