Die skietery het by die Glenfair-inkopiesentrum plaasgevind. Daar is nog min besonderhede in hierdie stadium bekend, maar familie van die oorledenes het na bewering reeds op die toneel aangekom.

Luidens berigte was dit nie ’n rooftog nie. Dit het by ’n onderklerewinkel in die sentrum plaasgevind. Sodra meer inligting bekend word, sal die artikel aangevul word.