Volgens ER24 moes die Kake van die Lewe ingespan word om twee mense uit die voertuie, ’n bakkie en ligte motorvoertuig, te bevry, maar ondanks hul pogings is ’n manlike en vroulike pasiënt op die toneel dood verklaar.

Vier mense het matige beserings opgedoen en die ander vier geringe beserings.

Die beseerdes is na nabygelieë hospitale geneem vir verdere sorg en die polisie was op die toneel om ’n ondersoek uit te voer.