Volgens ER24 het paramedici die twee erg beskadigde voertuie langs die pad aangetref. Binne die ligte voertuig het die liggame van twee mans gelê, hulle is op die toneel dood verklaar. 

Die bestuurder van die paneelwa het buite die voertuig gelê. Hy is in ’n kritieke toestand met veelvuldige beserings en is kort daarna per helikopter na die Mediclinic in Sandton geneem vir dringende behandeling.  

Die polisie was op die toneel en is steeds besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.