Die Walker Brothers Circus het ’n vertoning in Lancaster gelewer toe gure weer die gebied tref, het die brandweeroffisier William Degnan gesê.

Daar was sowat 100 mense in die tent toe dit omstreeks 17:30 inmekaartuimel. Beamptes het nie die name van die oorledenes bekend gemaak nie en net gesê dis ’n “jong man en ’n jong meisie”.

Minstens 27 mense is in die hospitaal opgeneem, het verteenwoordigers van twee hospitale aan CNN bevestig. Dis onduidelik hoeveel mense dalk na ander hospitale geneem is.

Die oorsaak word ondersoek. Die storm het 3cm se hael laat val, weerlig het geslaan en winde van 96 km/h het gewoed. William het gesê owerhede gaan as deel van die ondersoek kyk hoe die tent aanmekaargesit is.

Bronne: CNN, The Guardian, Twitter