Die ongeluk het op die Mamitwa-pad buite Tzaneen gebeur.

Annine Dormehl, ER24-woordwoorder, sê die vermoede bestaan dat die trompop-botsing plaasgevind het nadat die bestuurder van die voertuig ’n bees in die pad gewaar en beheer oor die motor verloor het.

ER24-paramedici en provinsiale nooddienste het op die toneel na die beseerdes omgesien.

Meganiese kake moes ingespan word om die twee oorledenes uit die voertuig te verwyder.

Die drie beseerdes is na die Letaba-hospitaal geneem. Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.

Wetstoepassers stel ondersoek na die voorval in.