Drie vriendinne, slaggereed vir ’n heerlike saamkuier, het onlangs vir oulaas ’n selfie geneem voor hul vliegtuig opgestyg het.

Sharon Haak, Samantha Shield en Elaine Dixon was baie opgewonde oor hul vakansie in Spanje, net soos Sharon en Samantha twee jaar gelede gedoen het. Die enigste verskil is dat met die vorige vakansie was die derde persoon Lynne Collinis wat verlede jaar oorlede is.

Dié drietal van Newcastle in Engeland was egter nie voorbereid op wat die selfies van hul vorige vakansie en hierdie een sou verklap nie.

Want sien, op altwee foto's is daar ’n jong man in die agtergrond. En dit lyk verstommend baie na dieselfde jong man wat glimlaggend hul selfies foto-bom.

Hierdie selfie is twee jaar gelede geneem:

selfievrou1

En hier is die meer onlangse foto:

Sien julle die ooreenkoms tussen die man in die agtergrond?

In ’n onderhoud met Mirror Online het Sharon vertel dat sy redelik ontstig was toe sy besef dat altwee selfies nie net soortgelyk is met ’n glimlaggende blonde trio in die voorgrond nie, maar dat die man in die agtergrond op ’n haar na dieselfde persoon lyk!

“Ek het die foto’s op Facebook gedeel ingeval my verbeelding parte met my gespeel het. Daar was heelwat kommentaar van mense wat dit as vreemd, bisar, ongemaklik bestempel het – en uitegwys het dat dit soos dieselfde jong man lyk.”

Alhoewel dit nie bevestig kon word of dit wel dieselfde man is nie, is die ooreenkomste tussen die twee baie sterk.

Bronne: thesun.co.uk, dailymail.co.uk, en.ir-q.com