Volgens ER24 het paramedici ongeveer 21:40 op drie mense afgekom waar hulle vasgekeer was in die Fiesta. Die ander passasier is buite die voertuig gevind.

Twee was reeds noodlottig beseer en die ander twee is ook dood verklaar ná mislukte pogings om hulle by te bring.

Die bakkie. Foto: ER24

Die bestuurder van die bakkie het matige beserings opgedoen is na ’n nabygelieë hospitaal geneem.

Nog drie mense is Saterdag in die vroeë oggendure dood, in ’n aparte ongeluk, toe ’n Toyota Corolla in ’n boom vasgejaag het.

Foto: ER24

Volgens ER24 het die ongeluk op Khutsongweg in Carletonville plaasgevind, waar paramedici vier mans in hul twintigs buite die voertuig aangetref het.

Drie van die mans is op die toneel dood verklaar en ’n vierde is steeds in ’n kritieke toestand.

Foto: ER24

Die man is eers na die Carletonville Hospitaal en daarna per helikopter na ’n beter toegeruste hospitaal geneem.

ER24 het voorheen aan Huisgenoot gesê die hoeveelheid ongelukke in Carletonville is kommerwekkend en dat dit moontlik toegeskryf kan word aan die toestand van die paaie in die omgewing.