In ’n video wat Dinsdag uitgereik is, het ’n sekuriteitskamera die dramatiese oomblik vasgevang toe ’n vragtrein van die Indiana Rail Road Company om ’n draai kom by die Lemon-meer, naby Bloomington, ’n dorp in Indiana in die VSA, terwyl twee vroue op ’n spoorwegbrug oortree.

Soos die twee in beeld kom, slaan die trein se kondukteur remme aan en blaas die toeter. Die twee hardloop dan vir hul lewe. Soos die lokomotief naderkom, gaan lê hulle albei plat op die spoor omdat hulle dink dit is hul laaste oomblikke en hulle het nêrens anders om te skuil nie.

Soos die trein oor hulle ry, het die ingenieur aanvaar hy het pas twee mense doodgery en het die plaaslike polisiekantoor in kennis gestel. Maar die twee vroue was wonderbaarlik ongedeerd.

Bron: Buzzfeed