Die twee mynwerkers is sowat 800 meter onder die grond vasgekeer. Daar word intussen gepoog om die 34 m x 40 m gebied op die 19de vlak van die skag te bereik. Dis waar die houtstutte gisteroggend omgeveer 10:00 meegegee het.

Lees ook: Honderde myners vasgekeer in SA myn Teen Woensdagmiddag was daar nog geen kontak met die twee mynwerkers bewerkstellig nie.
Reddingswerkers moet uiters versigtig te werk gaan met die verwydering van rotse omdat hulle onseker is oor waar die vasgekeerdes hulself bevind.
Weersprekende berigte dui daarop dat daar óf nege óf 10 mynwerkers op die vlak was waar die skag in duie gestort het. Buiten die twee wat vasgekeer is, het die res ongeskonde uit die skag ontsnap.

Die twee manne wat vasgekeer is, is 55 en 40 jaar oud en werk onderskeidelik 31 en 4 jaar vir die myn.

Bronne: msn.com, sabc.co.za, mg.co.za