Volgens ER24 het ’n transformator in ’n parkeerarea van die winkelsentrum ontplof.

’n Man is in ’n kritieke toestand nadat hy brandwonde oor die grootste deel van sy lyf opgedoen het. ’n Vrou met meer geringe brandwonde is ook op die toneel aangetref, sê ER24.

Paramedici het verskeie lewensondersteunende stappe gedoen en noodhulp toegepas. Die kritiek beseerde man is per helikopter na ’n Johannesburgse hospitaal vervoer. Die vrou is per ambulans na dieselfde hospitaal geneem.

Die oorsaak van die voorval is volgens die nooddiensspan nog nie bekend nie.

Bron: ER24