“Dit is met groot hartseer dat ons verneem van twee van ons gr. 12-leerders, Raymond Olivier en Cornel Bekker, se afsterwe,” het die Hoërskool Monument Donderdag op die skool se Facebook-blad aangekondig 

Die twee 18-jarige vriende het vermoedelik weens ’n gaslekkasie in hul tent versmoor, berig Maroela Media. Hulle het het Dinsdag na ’n dam sowat 15 km buite Krugersdorp vertrek om te gaan kamp en visvang.  

“Cornel en Raymond sal onthou word vir die dierbare en geliefde seuns wat hulle was. Hul afsterwe los ’n leemte in ons hart maar ons is ook dankbaar dat ons die voorreg gehad het om hul te kon leer ken,” het die skool in hul plasing gesê.

“Ons innige simpatie aan sy ouers, familie en vriende. Mag julle vertroosting en berusting vind in die moeilike tyd. Rus in vrede Raymond en Cornel,” lui inksrywing op die skool se Facebook-blad.