[caption id="attachment_168427" align="alignnone" width="600"]Foto verskaf (ER24) Foto verskaf (ER24)[/caption]
Die voorval het op die hoek van Jean- en Gerhardstraat in Centurion se sakekern plaasgevind. Paramedici van verskeie nooddienste, waaronder dié van ER24, het met hul aankoms op die toneel ’n sportnutsvoertuig in die middel van die kruising gevind. Later is berig die voertuig, ’n Toyota Fortuner, is in Brooklyn, Pretoria, gesteel en deur ’n opsporingseenheid en die polisie agtervolg.

Verskeie wetstoepassersvoertuie was ook op die toneel.

Twee mans het langs die voertuig gelê. Albei het verskeie skietwonde opgedoen en verkeer in ’n kritieke toestand. Die een was die bestuurder van die gesteelde voertuig, en die ander ’n passasier.

Die passasier het glo probeer ontsnap deur onder die voertuig te gaan lê.

Nog twee mans was by die voorval betrokke, maar hulle is ongedeerd.