Die Netcare 911-woordvoerder Athlenda Mathe sê ’n 55-jarige man het op ’n plaas naby Bethlehem perd gery terwyl hy koeie opgepas het.

“Die man is van die perd afgegooi en die perd het hom toe teen die kop geskop.” Hy is per lugambulans na ’n hospitaal in Johannesburg geneem en is in ’n kritieke toestand.

Later die dag is ’n ander man ernstig beseer toe ’n volstruis hom aanval terwyl hy ’n advertensiebord naby ’n motorhawe in Harrismith vervang het. Hy is na ’n nabygeleë hospitaal geneem, sê Athlenda.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com:

Derick Hougaard: ‘Daar is geen skaamte om ’n gebreekte man te wees nie’

Nepalese passasiersvliegtuig stort op gevaarlike roete neer

Is Daniel Craig klaar met Bond?

Dapper kankerlyertjie skitter op New Yorkse modeplank

Het jy sonde met die bure? Hier’s raad

Afrikaanse sangeres sterk aan ná groot knieoperasie

Wat jy alles moet weet oor meningitis-uitbreking op Mosselbaai