Warden - . Die bus het op die N3 op die roete van Warden na Harrismith aan die brand geslaan.

Volgens Netwerk24 het Netcare911-woordvoerder Chris Botha gesê medici kon nog nie bevestig of enige van die kinders wel oorlede is nie.

“Ons medici op die toneel is steeds besig en in hierdie stadium is daar twee kinders wat vermis word. Die soektog na hule duur voort," het hy gesê.

“Brandweermanne het pas die bus binnegegaan en met hul soektog begin. Paramedici is besig met vier mense wat beseer is"

Twee van die vier is in 'n kritieke toestand.

“Dis onbekend wat daartoe gelei het dat die bus aan die brand geslaan het," het Chris gesê.

Die N3 Toll Concession waarsku motoriste om die gebied versigtig te nader.

Bron: News24