Twee werkers is uit die puin gered nadat steierwerk in Sandton, Johannesburg inmekaargestort het.

#UPDATE: Both of the trapped workers have been freed. It was a large scaffolding that collapsed on the side of the building. pic.twitter.com/r3yGcQUdoW

— EMER-G-MED (@EMER_G_MED) November 15, 2016

Reddingswerkers van Emer-G-Med en die stad se brandweerdiens het Dinsdagoggend onverpoos op die toneel op die hoek van Wes- en Rivoniastraat gewerk om die mans te red wat albei kritiek beseer is nadat ’n groot steierwerkstruktuur aan die kant van ’n gebou meegegee het.

Emer-G-Med paramedics are attending to a structural collapse in Sandton. Two people believed to be trapped.

MORE: https://t.co/GxEgmCCQjl pic.twitter.com/aoB8NjEo9D

— EMER-G-MED (@EMER_G_MED) November 15, 2016

Max Cohen, Emer-G-Med-woordvoerder, sê in ’n verklaring die twee is in die voorval vasgekeer en brand- en reddingsbeamptes het onverpoos gewerk om hulle te bevry. Die ongelukslagoffers is gestabiliseer en na ’n hospitaal geneem.

Die oorsaak van die ineenstorting is nog onbekend en sal deur die plaaslike owerhede ondersoek word.