Twee kinders het Maandag in ’n geparkeerde motor gesterf in Springs, Gauteng, het paramedici gesê.

Daar was vier kinders in die motor, wat omstreeks vieruur in die agterplaas van ’n huis geparkeer was, het die Netcare 911-woordvoerder Santi Steinmann gesê.

Twee van hulle is dood. Een van die oorlewende kinders is in ’n kritieke toestand.

Geen verdere besonderhede is beskikbaar nie.

- Sapa