“Twee hande steek bo die modder uit. As jy naby genoeg kyk, dan beweeg hulle,” was die dringende boodskap wat hulle Vrydag 10 Junie ontvang het. Die polisie het hulle na die toneel gehaas en tot hul verbasing het hulle ’n bejaarde man, vasgesuig in die modder, aangetref. Die 70-jarige man, ’n rommelversamelaar, se aandag is getrek deur ’n plastiekbottel in die modderige rivierbed. Hy het egter omgeval toe hy dit wou optel en die skraal bejaarde het nie ’n kans gestaan teen die suigkrag van die modder nie. Danksy sy desperate poging om sy hande bo die modder te hou, is hy wel raakgesien en kon hy gered word, al was dit sowat 12 uur nadat hy omgeval het!

“Die ou man het op die grond gelê, onkeerbaar geskud en hy kon nie ’n woord uitkry nie,” het die polisie gesê.

Dit het vyf sterk manne sowat ’n uur geneem om die man te bevry waarna hulle hom in handdoeke toegedraai en hospitaal toe geneem het.

“Die rivier kon enige oomblik in volle vloed afgekom het. Ons kan nie dink wat sou gebeur het wanneer die vloedwaters hom getref het nie.”

Bron: People’s Daily, China

Ander stories op Huisgenoot.com

Orlando-slagting: Dit is wat ons van die massamoordenaar weet

Hoe goed ken jy jou dierverwante idiome?

Leer ken jou kind se leerstyl en speel klaar met studiekopsere

#SpeelSaam: Gaan hierdie legkaart van giggelende sebras jou klop?