, het die lugdiens Woensdag gesê.

“Die ernstig beseerdes is na die Princess Margaret- en die North Lantau-hospitaal in Hong Kong geneem. Party passasiers het mediese behandeling ontvang en is ontslaan,” het die SAL-woordvoerder Tlali Tlali in ’n verklaring gesê.

“Die vliegtuig se binnepanele is beskadig en word herstel.”

Die vliegtuig het die turbulensie oor Kuala Lumpur se lugruimte ervaar en het die oggend halfsewe (plaaslike tyd, halfeen in Hong Kong) geland.

Volgens Tlali het almal aan boord die nodige mediese behandeling ontvang. Hy kon nie Woensdagmiddag vir kommentaar bereik word oor die aard van die beserings nie.

Hy het vroeër gesê daar was 165 passasiers aan boord, insluitend ’n baba, en 25 passasiers en drie bemanningslede beseer is. Later is die getal tot 20 verminder.

Tlali het gesê SAL het mediese en traumabystand vir die passasiers en bemanning gevra sodra die vliegtuig in Hong Kong geland het.

Hy het gesê die ongedeerde bemanning is terug na hul hotel en SAL-personeel het passasiers na die hospitale vergesel.

“SAL se plaaslike kantoor, tesame met hul hanteringsagent, staan ook passasiers by,” het hy gesê.

Die Airbus A340-300 het Johannesburg Dinsdag om 17:11 verlaat.

- Sapa