Sewe van die beseerdes is in ’n ernstige toestand, het Bjeon Tae-oe van die Incheon-brand-en-veiligheidsbestuursafdeling gesê. Hy het gesê 18 buitelanders is beseer, onder wie sewe Chinese, drie Thaise burgers en twee elk van die Filippyne en Viëtnam. Park Sang-jeoel, ’n beampte van die Incheon Seoboe-polisiekantoor, het gesê die beskadigde motors is verwyder van die 4 400 m lange brug op die hoofweg vanaf die lughawe na die hoofstad, Seoel. Hy het nie gesê presies hoeveel voertuie by die ongeluk betrokke was nie, maar dit was glo sowat 100. Die ongeluk het die oggend in ’n baan in die rigting van Seoel gebeur en is waarskynlik vererger deur digte mis en ysige padtoestande, sê Bjeon. Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die mistige weer het 18 vlugte en die landing van nog sewe op die lughawe vertraag, volgens Cho Sang-hjoen, ’n lughawewoordvoerder.

Wrakke ineenverstrengel Soos iets uit ’n fliek Reddingspanne op die toneel