Twee boeties van Musina is kort ná mekaar dood ná ’n botsing teen ’n erg oorlaaide, gebreekte voertuig wat die pad versper het, berig Netwerk24.

Stiaan van der Walt (16), ’n gr.?10-leerling aan die Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé in Polokwane, is op slag dood in die gru-ongeluk Saterdagaand.

Sy jonger boetie, Coetzee (6), ’n gr.?1-leerling aan die Laerskool Musina, is in die ambulans op pad na Polokwane dood.

Hul pa, Kobus, het beserings aan die nek opgedoen en word in ’n hospitaal in Polokwane behandel.

Volgens Netwerk24 was die oorlaaide Toyota-bakkie glo na Malawi op pad en het Saterdag sowat 15?km buite Musina gebreek. Sy vrag was meters hoog opgestapel.

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24:

Boef bring kombers ná aanval

‘Kragkrisis bedreig SA se kos’