Twee Afrikaanse kunstenaars is die afgelope twee dae in hegtenis geneem in twee afsonderlike voorvalle.

Beeld het Dinsdagoggend berig dat die sanger Steve Hofmeyr se seun Armand (22) in die vroeë ure van Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo teen 175 km/h gejaag het.

Hofmeyr is op R500-borgtog vrygelaat en moet hierdie week in die Randburg-landdroshof verskyn.

Die Afrikaanse rocker Jan Blohm is ook glo Maandag op borgtog van R500 vrygelaat nadat hy sy vrou, Zinta, na bewering aangerand het.

Lees meer hier en hier.