Send your RSVP to Ava@kindlyfreakingstop.gmail.com.

“Jy word uitgenooi!” staan op die buitekant van ’n handgeskrewe groetekaartjie wat onlangs soos ’n veldbrand op die internet versprei het.

1

Dit klink mos heel onskuldig?

“Haai daar! Jy, Elke, Grace en Ashley word amptelik uitgenooi om op te hou om skurke teenoor my suster te wees!”

Dalk nie.

2

Die parmantige meisie het selfs die tyd en plek aangedui en wat haar gaste moet bring.

“Wanneer: Nou dadelik!!

“Waar: Oral!

“Bring saam: Bring jou nare houding en gooi dit in die vullisblik!”

via GIPHY
Net ingeval die drie dit misverstaan het, het die ouer suster die boodskap in verskeie tale herhaal.
3
Die gebruiker daisybhelm het die skreeusnaakse uitnodiging in April die eerste keer op Twitter gedeel. “Verduiwelse wilde 12-jarige meisie wat ek oppas, het hierdie blikskottels vernietig,” het sy by die foto’s geskryf. Sedertdien is dit meer as 16 000 keer hertwiet en het 26 000 mense aangedui hulle hou daarvan. “Ek wil geskenke en ballonne na die kind se woedepartytjie stuur,” het die gebruiker user@docmidnight geskryf.

Ons ook, Terry. Ons ook.