[caption id="attachment_145118" align="aligncenter" width="600"]Foto: News24/IPSS Foto: News24/IPSS[/caption]

Die woordvoerder van die Alfred Nzo-distriksmunisipaliteit, Lubabalo Majenge, het gesê die vragmotor, wat stene vervoer het, het deur elf motors geploeg voor dit eindelik bo-op ’n bakkie tot stilstand gekom het.

Die bestuurder van die bakkie en sy jong passasier is dood.

[caption id="attachment_145119" align="aligncenter" width="600"]Foto: News24/IPSS Foto: News24/IPSS[/caption]

Volgens Lubabelo was die derde slagoffer glo ’n voetganger gewees.

Hy het bevestig owerhede is besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek. Hy het bygevooeg dat dit nog nie bevestig kon word dat die trok se remme onklaar geraak het op die kronkelpad nie.

[caption id="attachment_145120" align="aligncenter" width="600"]Foto: News24/IPSS Foto: News24/IPSS[/caption]

Bron: News24