Wat is vanaand op die kassie

  • 17:30 Maatband (kykNET): ’n Liggaamsbouer deel kennis oor hoe ’n laekoolhidraat-dieet sy lyf vorm help kry het.
  • 18:30 7de Laan (SABC2): Gaan die krisis in die deli Vince die Wheeler-kontrak kos? Gaan Matrone val vir Koot se onderhandelinge?
  • 19:30 Modern Family (M-Net): Cam vat Mitch en Lily die eerste keer na sy familieplaas toe.
  • 19:30 Kwêla (kykNET): Willie Esterhuizen is in die ateljee. Daar word ook op Jeffreysbaai gekuier waar skoolkinders hul lewe verbeter deur ’n herwinningsprojek.
  • 21:00 Extreme Makeover: Home Edition (SABC3): Kyk hoe ’n span ontwerpers, meer as honderd werkers en selfs die bure binne ’n week ’n huis geheel en al opknap.
  • 20:30 Reis na Gister (kykNET): Verken die omgewing van Deneysville waar Fanie de Villiers se liefde vir sport begin het.
  • 21:30 Projek Aardwolf (kykNET): Innoverende mense begin een van die land se vuilste maar belangrikste damme, die Hartbeespoortdam, skoonkry.