17:30 Marita Kook (KykNET): Nadine en haar verloofde, Cilliers Cloete, is in Frankryk omdat Cilliers rugby speel in Tarbes. Hulle reken dat die wonderlike vars produkte en koskultuur in Frankryk opmaak vir al die tekortkominge!

18:00 Villa Rosa (KykNET): Stef en Fritz hoop steeds hulle kan Astrid se aandele koop, maar dan gee sy vir hulle ’n nuwe ultimatum en Fritz raak al hoe meer onrustig. Lerato maak uiteindelik haar nuus aan Fran en Anthony bekend.

18:30 7de Laan (SABC 2): Almal wonder of  Kim haar eksamen gaan slaag. Sal Marko se trauma lei tot 'n deurbraak in die herstel van Emma se geheue?

18:30 Binneland (KykNET): Die vorige aand se drama het vêrreikende gevolge. Rian besef hy weet nie wie sy vrou werklik is nie. Daleen probeer nog die waarheid weerhou. Morné en Emil plaas die lagwekkende koor-snit op die web.

19:30 Isidingo (SABC 3): Bradley word deur ’n aaklige en lewensveranderende gebeurtenis in die gesig gestaar. Priya verras vir Rajesh met woorde wat hy nooit gedink het hy sou hoor nie.

19:30 Fiësta (KykNET): Die Hantam Vleisfees is jaarliks ’n groot gedoente op Calvinia en mense kom van heinde en verre om te smul aan die lekker vleisdisse. Die Klipwerf Orkes is boorlinge van hierdie geweste en is vanaand die gasaanbieders.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Bailey vra vir Richard om haar te help met ’n operasie wat baie seldsaam is. Meredith besluit om 'n navorsingsassistent aan te stel. Callie skok Derek. ’n Jong swanger vrou vra vir Shane se hulp.