17:35 Days of Our Lives (SABC3): Vivian vertel Gus van haar plan om Victor sy probleem met Maggie te help oplos.

18:30 Binneland (kykNET): ’n Verpleegster se verhouding word afgekeur. ’n Belangrike pasiënt se geheim is dalk nie heeltemal so veilig soos wat hulle dink nie.

19:30 Bravo! (kykNET): As jy Huisgenoot se Skouspel Kaapstad misgeloop het, is dit jou kans om van die hoogtepunte te sien. Die span is ook by die première van die fliek Babelas.

20:00 Nege Maande (kykNET): Vanaand ontmoet ons die laaste drie swanger vroue: Die 19-jarige Chantelle is onlangs met Neil getroud en hulle bly by haar ouers; Nadya en haar man, Eric, volg ’n groen leefstyl; en Hermien is ’n nagverpleegster wie se man, Friedl, sy doktorsgraad in Ierland voltooi.

21:30 Wild en Wragtag (kykNET): Daar word gekyk na die De Beers/Oppenheimer-bewaringsprojekte, wat ? aasvoëlrestaurant en teelprogramme vir buffels en swartwitpense insluit.

21:30 CSI: New York (M-Net): Die span krap kop toe dieselfde ongewone wapen twee moorde met mekaar verbind.

Let asseblief hierop: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul rooster volgens hul eie diskresie aan.