Vreemd, wonderlik, verspot en wild. Hierdie advertensies kon net in Suid-Afrika gemaak gewees het. Geniet dit!

Oos wes, tuis bes

Geamuseerde toeriste is dronkgeslaan oor motorwagte, tjop en dop, bakkuzzi’s en beurtkrag. Is Suid-Afrika nie tops nie!

Beste pa ooit!

Hou die snesies byderhand, mense! Ons hart het vermurwe toe ons kyk hoe die bejaarde pa leer lees sodat hy sy skrywer-seun se boek kan geniet. Die alfabetsop-oomblik, die goue ster, daardie omhelsing! Gee daardie man ’n dubbel!

Moenie jou day job opgee nie

Die kraamsaaldokter wat jou nie laat skaterlag nie.

Weer, weer!

Wiegelied vir die mobiele era. Die MTN-advertensie wat ons laat “ag moeder sê” het.

Mooi so, seun!

Hy wil alles hê en hy wil dit nou hê, maar hierdie skerp superheld wag geduldig op die regte oomblik. En dis beslis die moeite werd.

’n Seun se eie verhaal

Vier aantreklike ouens wat bier drink, een vriend wat gemis word, ’n epiese motorrit en alles kom bymekaar met ’n vreugdevolle reünie.

’n Blik van die beste

Boet en Swart se onvergeetlike wildernis-ervaring met ’n gestrande Franse veldrenbestuurder. Wee wee, oui oui!

En laastens . . .

Wie kan dié een ooit vergeet!