Die Boeing 767-300 was van Houston na Londen op pad toe dit op die Shannon-lughawe in Ierland moes land. Twee personeellede en 14 passasiers is na die plaaslike hospitaal geneem vir die behandeling van beserings wat hulle weens die turbulensie opgedoen het.

Na wat berig word het van die passasiers glo ook snye en gebreekte bene opgedoen. Van die passasiers het glo letterlik deur die lug getrek tydens die voorval.
Altesaam 207 passasiers en 13 personeellede was aan boord van die vlug.
Die slegte weerstoestande word as baie ernstig en onverwags bestempel.

Bronne: airlivenet.com, bbc.com, click2houston.com, metro.co.uk