home-made-muesli

(Maak 1 groot fles)

Bestanddele:

175 g botter

Sowat ’n half koppie heuning

250 g hawermout

150 g gemengde sade (pampoensaad, lynsaad en sesamsaad)

Voorverhit die oond tot 180°C. Smelt die botter op die stoof en roer die heuning by. Meng die hawermout en sade in ’n mengbak en roer die heuning- en bottermengsel by. Meng met jou hande tot die hawermout bedek is.

Smeer op ’n bakplaat en bak vir sowat 15 minute.

Haal uit die oond en roer goed deur, voordat jy dit vir nog 10 minute bak.

Wenk: Plaas die muesli dadelik op ’n koue bakplaat nadat jy dit uit die oond gehaal het, om te keer dat dit ekstra hitte van die warm bakplaat trek.

Resep en foto: Lesley Scott

Vier hierdie en ander resepte besoek Checkers.