Om op die voorblad van die Amerikaanse tydskrif Time te verskyn is ’n eer, of soms ’n skande – as jou kop spottenderwys mooi onder die M geplaas word sodat dit lyk of jy horings het.

En nou is die tydskrif Time se nuwe persoon van die jaar ook bekend, en dit is niemand anders nie as die toekomstige president van Amerika, Donald Trump.

’n Mens kan nie help om te dink hier is ook ’n subtiele stekie by nie. Groei horings uit mnr. Trump se kop in die foto hierbo?

Time het besluit om Donald die gesig van 2016 te maak oor hy nuus grootliks beïnvloed het, hetsy vir goed of sleg. Hulle beskou hom as die aangewese president van "these divided United States".

In 2015 was Angela Merkel, die Duitse kanselier, en in 2014 die Ebola-vegters (die gesondheidswerkers in Wes Afrika) op hul voorblad as die gesig van Time. Saam met Trump op vanjaar se kortlys was sy teenstander in die presidentsverkiesning, Hillary Clinton, en Beyoncé. Dis hoe Time destyds die spot met die Russiese president gedryf het deur die M bokant sy kop soos horings te laat lyk:

Hier is van Time se vorige keuses as persoon van die jaar: