Trouklokke lui vir die blonde skoonheid Chelsea Le Roux nadat haar rugbyspeler-kêrel, Grayson Hart, haar die groot vraag gevra het.

Die 24-jarige model van Kaapstad wat voorheen aan die Springbok-rugbyspeler Francois Hougaard se sy te sien was, het liefde gevind in die arms van nog ’n rugbyspeler – en dié keer is hy van Nieu-Seeland. Grayson (28) is die skrumskakel vir die Glasgow Warriors in Skotland. Die paartjie het die skoot hoog deur. Lees ook: Francois Hougaard verhoog die temperatuur met stomende Speedo-foto Grayson het dinge amptelik gemaak toe hy Donderdag die jawoord vra terwyl die twee saam met hul ouers in die tropiese paradys Bali vakansie hou.

So good to have the fam here to celebrate with us!! @grayykid @coleengeissmar_and_sophie @donnahart007

A photo posted by Chelsea Rose(@chelsearoseleroux) on

“Ek het die wonderlikste mens in die heelal gevra om vir ewig by my op hierdie reis te bly, en sy het JA gesê! So dankbaar en geseën,” skryf Grayson op Instagram nadat hy sy meisie by die Uluwatu-seetempel gevra het om te trou. Dit lyk of dit meer as net ’n romantiese oomblik was; dit was ook vermaaklik, want op Instagram praat hy ook van apies wat hulle voor die groot oomblik gejaag het.

The point on that cliff @grayykid even though I was REAL scared of the monkeys tryna have a crack!

A photo posted by Chelsea Rose (@chelsearoseleroux) on

Lees ook: Pragfoto’s: ‘Hougie is romanties verby,’ verklap die Blitsbok se nuwe liefie
Die paartjie, wat al die afgelope jaar uitgaan, het ’n langafstandverhouding gehad, maar dit lyk of Chelsea nou nesgeskop het in Glasgow en reg is vir die huwelik.

– Shanaaz Prince