Gerugte doen die rondte die akteurspaar Mila Kunis en Ashton Kutcher het verloof geraak.

Die Black Swan-aktrise het ’n knewel van ’n diamant aan haar ringvinger gedra toe sy Dinsdag gaan inkopies doen, berig E! News.

Sy en Ashton het mekaar jare gelede as medesterre in That ’70s Show ontmoet en is al van Maart 2013 af amptelik ’n paartjie.

Ashton se egskeiding van Demi Moore is verlede November afgehandel.