Ons tel die ure af na die pragtige sanger Karlien van Jaarsveld en die rugbyster Derick Hougaard se troue hierdie Vrydag. Huisgenoot is eksklusief daar om die "bruilofsfees" (soos Karlien se ma, Ronél Brink, dit noem) in woord en beeld vas te lê – kry al die foto’s in die uitgawe van 21 Maart se Huisgenoot en YOU. Almal wat genooi is, is spesiaal, vertel Ronél. "Die bekendes wat gaan kom, is nie daar om aan die troue glans te verleen nie. Hulle is mense wat regtig `n pad met Derick en Karlien gestap het en wat deel is van hul lewe; mense soos Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Arno Jordaan en Angelique Gerber."

 Cover Karlien en Derick