Rouklaers kon hul oë nie glo toe die honde by Margarita Suarez (71) se begrafnis in Cuernavaca, Mexiko, opdaag nie. Wat selfs meer ongelooflik is, is dat Margarita van Yucatan afkomstig was, ’n staat meer as 1 000 km van waar die begrafnis gehou is. Het die honde in die area aangevoel hoeveel sy vir hul soort gedoen het?

Margarita se dogter Patricia Urrutia het gesê haar ma was ’n diereliefhebber en het gereeld katte en honde wat aan hul eie genade oorgelaat is in Yucatan kosgegee.

“Sy kon nie een van hulle teëkom sonder om hulle iets te ete te gee nie.

“Toe ons by haar waak opgedaag het, het ’n klop honde uit die niet verskyn en die vertrek binnegekom. Hulle het die heelnag daar gebly asof hulle wag staan.

"Die oggend het hulle vertrek en kon hulle nêrens g opgespoor word nie, maar ’n uur voor ons my ma uitgeneem het, het die honde teruggekom en in ’n groep om haar gestaan asof hulle totsiens sê. Dit was mooi, wonderlik,” het sy op Facebook geskryf.

Die honde het die hele dag en nag by haar ma gebly voordat hulle eindelik vort is.

Bronne: abcnews.go.com, nydailynews.com, dailymail.co.uk