DIS ’n sonnige lentemiddag in Brackenfell buite Kaapstad en twee blonde seuns skop lustig buite ’n bal rond.

Toe hulle die huis indraf om Pa se twee dik snye brood met botter en kaas te gryp nooi hulle hom saam buitentoe.

“Kom kyk, Pa,’’ sê die enetjie effens uitasem. “Kom kyk of jy die bal van ons kan wegkry.’’

Gordon Lorimer (33) laat nie op hom wag nie en stoei saam in die bondel om die bal.

Hy lag saam, maar sy hart is swaar.

Die tweeling van sewe jaar wat hy die afgelope ses jaar alleen grootgemaak het, sal dalk vorentoe sonder hom moet

klaarkom.

Alles draai om ’n hofbevel dat hy tronk toe moet gaan. Want word dit deurgevoer, sit hy die volgende ses jaar agter tralies.

En die kleintjies wat hy van doeketyd af versorg het, vir wie hy kostuums vir konserte gemaak het, wie se rugbywedstryde hy vanjaar getrou bygewoon het, sal dan deur ander verder grootgemaak word.

Sy seuntjies sal nie meer hoor hoe Pa saans vir hulle stories lees nie. Hy sal hulle nie meer soggens skool toe neem en hoor hoe hulle “Lief vir jou, Pa!’’ gil wanneer hulle tot siens wuif nie.

En dit gaan alles oor die ma wat hulle nooit werklik geken het nie, die 26-jarige Colette wat kort ná hul eerste verjaardag so tragies gesterf het . . . aan die hand van hul eie pa.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 7 Oktober 2010