Volgens Paul was opruimingswerk nog laat Sondagaand aan die gang op die hoofweg in ’n noordwaartse rigting net voor Richardsbaai.

"Twee motors het trompop gebots. In hierdie stadium is twee mense ernstig beseer en ’n hele gesin is dood."

Die twee beseerde passasiers het in ’n Mercedes Benz gery en is na die hospitaal geneem.

"Die hele gesin in die VW Polo - ma, pa, twee kinders van 13 en ongeveer 2 jaar oud - is almal dood. Die tweejarige het op haar ma se skoot gesit toe die ongeluk gebeur," het Paul bygevoeg.

Sy was glo nie vasgegordel nie.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die SAPD stel ondersoek in.

Bron: News24