Woensdag met die Cheetahs se spanaankondiging vir die naderende wedstryd is eers aangedui dat hul bonkige voorspeler ’n “besering” onder lede het. Neill Jordaan is in sy plek gekies.

Donderdag het ’n lid van die Cheetahs-bestuurspan bevestig dat Paul ’n skrikwekkende ervaring gehad het met trombose wat tydens hul vlug ontwikkel het. Hy mag minstens die volgende twee weke glad nie reis nie. Na gelang van sy vordering, kan hy selfs tot ’n maand van die veld afgehou word.

Dit kan beteken dat hy na alle waarskynlikheid geen speeltyd op die Cheetahs se toer gaan hê nie.

Daar is bloedklonte in sy kuit, en meer ernstig, in een van sy longe gevind.

Trombose kom voor wanneer ’n bloedklont binne ’n aar vorm en bloedvloei belemmer.

Spanne

Blues

15 Melani Nanai, 14 Declan O’Donnell, 13 George Moala, 12 TJ Faiane, 11 Rieko Ioane, 10 Piers Francis, 9 Augustine Pulu, 8 Akira Ioane, 7 Blake Gibson, 6 Steven Luatua, 5 Scott Scrafton, 4 Patrick Tuipulotu, 3 Charlie Faumuina, 2 James Parsons (kaptein), 1 Pauliasi Manu

Plaasvervangers: 16 Hame Faiva, 17 Alex Hodgman, 18 Ofa Tu’ungafasi, 19 Gerard Cowley-Tuioti, 20 Kara Pryor, 21 Sam Nock, 22 Ihaia West, 23 Michael Collins

Cheetahs

15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Francois Venter (kaptein), 12 William Small-Smith, 11 Raymond Rhule, 10 Fred Zeilinga, 9 Tian Meyer, 8 Henco Venter, 7 Oupa Mohoje, 6 Niell Jordaan, 5 Francois Uys, 4 Carl Wegner, 3 Tom Botha, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Charles Marais

Plaasvervangers: 16 Elandre Huggett, 17 Ox Nche, 18 Johan Coetzee, 19 Armandt Koster, 20 Uzair Cassiem, 21 Shaun Venter, 22 Niel Marais, 23 Clinton Swart

Bron: Sport24