Derek Klingeberg (35) het homself onlangs verfilm om te bewys hoe lief sy beeste vir sy musiektalent is. Binne oomblikke dat hy begin speel, sien mens die oortjies van een van sy beeste op die horizon. En hoe langer hy aanhou speel, hoe meer beeste kom na hom toe aangeloop.

Teen die einde van die video klink dit behoorlik of die koeie saamsing met Derek se tromboonspel. En hul gunsteling liedjie? Die sangeres Lorde se Royals.

Kyk die video hier: