’n Vrou se troetelpadda het haar verloofring geëet.

Roman Liwane van Jekaterinburg, Rusland, en sy meisie, Kristina, het die amfibiese dier se hok skoongemaak toe sy haar ring per ongeluk op die vloer laat val. Die padda, Croak, het dit toe ingesluk, berig die koerant The Daily Star.

Die paartjie het Croak na die naaste veearts gehaas, en dié kon die ring met ’n spesiale haak uitkry.

Joelia Malishef, die veearts, het gesê: “Ek moet erken ek was skepties oor of dit die een of ander poets is, maar toe ek die X-strale doen, het ek die verloofring met steen en al in die padda se maag gesien.”