Inentings is veel goedkoper as om ’n siek troeteldier te laat behandel, om nie eens te praat van die hartseer as hulle aan ’n dodelike siekte doodgaan nie.

Op sowat ses weke begin die immuniteit afneem wat ’n hondjie of katjie van hul ma kry, en daarom kry hulle hul eerste inenting op ses tot agt weke. Die tweede en derde stelle inentings volg op intervalle van drie tot vier weke en sluit ’n inspuiting teen hondsdolheid in.

Die volle kursus moet voltooi word voor jou hondjie of katjie ten volle beskerm is. Die beskerming wat ’n entstof bied, is nie lewenslank nie en herhaalde inentings is nodig om immuniteit in stand te hou.

Af en toe kan daar geringe swelling op die inentingsplek wees en jou hond of kat kan ’n paar dae olik wees, maar dit gebeur selde.

Hou jou troeteldier se veeartsboekie (waarin inentings, ontwurming en sterilisasie aangeteken word) op ’n veilige plek.

468-X-60-HG

Teen watter siektes moet my troeteldier ingeënt word?

Troeteldierentstowwe word in kernentstowwe en niekernentstowwe verdeel.

Eersgenoemde is entstowwe wat aan alle troeteldiere in alle streke gegee moet word, want dit beskerm hulle teen siektes wat wydverspreid is en ernstige gevolge het. Niekernentstowwe is dié wat jy met jou veearts moet bespreek, want dit hang af van ’n evaluasie van jou troeteldier se risiko.

Die meeste dagsorgsentrums vir honde en herberggeriewe vereis byvoorbeeld ’n inenting teen hondehokhoes (kennel cough).

Entstowwe vir honde

  • Kern: Distemper, adenovirusinfeksie en parvovirusinfeksie in honde, hondsdolheid.
  • Niekern: Leptospirose, hondehokhoes, koronavirus en herpesvirus in honde.

Entstowwe vir katte

  • Kern: Panleukopenie, herpesvirusinfeksie, kalisivirusinfeksie in katte, hondsdolheid.
  • Niekern: Klamidiose, leukemie, immuungebrekvirus in katte.

Basiese inentingsprogram vir honde

  • 6-8 weke Eerste inenting.
  • 10-12 weke Tweede inenting en eerste inenting teen hondsdolheid.
  • 14-16 weke Herinenting en tweede inenting teen hondsdolheid.
  • 1 jaar Herinenting.
  • Herinenting elke drie jaar, ook teen hondsdolheid.

Basiese inentingsprogram vir katte

  • 6-8 weke Eerste inenting.
  • 10-12 weke Herinenting en eerste inenting teen hondsdolheid.
  • 14-16 weke Herinenting in omgewings met hoë infeksiedruk (byvoorbeeld as daar baie wilde katte in die omgewing is).
  • Tweede inenting teen hondsdolheid.
  • 1 jaar Herinenting.
  • Herinenting elke drie jaar, ook teen hondsdolheid.

Maak veeartsrekeninge jou bankrot? Jy kan van so

min as R34 per maand dekking vir jou troeteldier kry!

BRONNE: NSPCA.CO.ZA, VETASSOCIATION.CO.ZA, SCVC.CO.ZA