Sy baas, Alvin Hsu, het die greep hieronder op YouTube geplaas. Dit toon hoe die 9 weke oue hondjie 'n paar erg intimiderende trappe, met matte bedek, aanpak.

Hsu probeer sy bes om positief voor te kom en vir Peanut Butter aan te moedig om die taak te voltooi deur hom bemoedigende komplimente toe te swaai toe hy die eerste trappie baasraak. Hy kry dit reg om nog 'n trappie te oorwin, maar ook net omdat hy gegly het. Dit is net hier wat Peanut Butter angstig heen en weer begin loop en dan besluit genoeg is genoeg vir die dag.